Maria Callas

Maria Callas
Maria Callas in 1973
Agtergrondinligting
GeboortenaamMaria Anna Sofia Cecilia Kalogeropoulou (Μαρία Καλογεροπούλου)
Ook bekend asΜαρία Κάλλας
Gebore2 Desember 1923
New York Stad, New York (VSA)
Sterf16 September 1977
Parys (Frankryk)
GenresOpera seria, bel canto-opera
Beroep(e)Sangeres

Maria Callas (* 2 Desember 1923; † 16 September 1977) was 'n Amerikaanse sopraan met ouers van Griekse afkoms. Sy word as een van die grootste operasangers van die twintigste eeu gereken en was bekend vir haar kragtige stem en vaardigheid as sanger en akteur. Danksy haar verbintenis met die Griekse skeepsmagnaat Aristoteles Onassis was sy ook een van die bekendste glanspersoonlikhede van die jare vyftig en sestig.[1]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne